Die negentien handelstakke, uitgesluit Build it, strek oor ons geografiese gebied vanaf Pofadder in die weste, Kuruman in die ooste, Rietfontein in die noorde en Calvinia in die suide. Die vier Build it-boubenodighede konsessies is op Upington, Kathu, Kuruman en Postmasburg gevestig.
Klik op die onderstaande skakel om die handelstakke te besigtig.
VLEISHANDEL & VERWANTE BEDRYWE
Die drie abattoirs te Carnarvon, Calvinia en Upington behartig die verslagting en verkope van lam- en beeskarkasse. SA Dorper behartig die verwerking en uitvoer van dorpervelle en die verwerking van beeshuide.
Slagpryse word weekliks gewaarborg. Klassifisering en gesondheidsinspeksies word deur ‘n onafhanklike maatskappy naamlik IMQAS gedoen. Karkasse word hoofsaaklik in die metro’s van die Wes-Kaap, Durban en Gauteng bemark.
Alle produsente word vriendelik uitgenooi om die slagting van hul vee by te woon en vrae sal deur die klassifiseerder en gesondheidsinspekteur beantwoord word.
LEWENDEHAWE, VEILINGS EN SKAAPVOERKRAAL
Gereelde veilings van vee, los goedere en uitverkopings vind plaas. Opgeleide KLK-bemarkers behartig skakeldienste en klassering van vee. KLK beskik oor ‘n 4 500 staankapasiteit skaapvoerkraal om diere markgereed te kry.
Karakoelpelse
Sluitingsdatums
08/01/2018
25/06/2018
Veilingsdatums
18/03/2018
03/09/2018
Te koop aangebied
Kontak Stiaan von Wielligh by +27 (0)82 844 6604