Die helfte van die groeitydperk van natuurlik weiding vir dié seisoen is reeds verby en sonder genoegsame reën gedurende Desember sal daar nie genoeg veevoer vir 2016 wees nie.
Energie-, mineraal- en proteïentekorte onder diere neem steeds toe soos die droogte vererger, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Natuurlike weiding regoor die land is uitgeput en boere probeer om nou net hul kern-teelkuddes aan die lewe te hou.
Malan waarsku dat boere veral op hul hoede moet wees vir die volgende siektes:
- Inwendige parasiete
- Uitwendige parasiete
- Insekoordraagbare siektes
- Geslag siektes
- Bakteriese siektes
- Virussiektes
- Vergiftiging
Lees die Landbou,com artikel hier.