Die beperkte reënval, het met dit beperkte voorraad van veevoer gebring. Die veevoervervaardigers kan nie byhou met die vraag na hul produkte nie.
Veevoervervaardigers, veral ruvoerfabrieke, ondervind agterstande van 30 tot 90 dae met hul produksie. Omdat veevoermaatskappye so ‘n nou verband met die voer van boere se beeste en skape het, word hul besighede ook direk deur die droogte beinvloed.
Groot dele van moontlike weivelde is uitgeput weens die uitmergelende droogte van die afgelope jare, wat veroorsaak dat ‘n groot vraag na ruvoer-produkte ontstaan.
Boere vrees dat hul veë nie genoeg voer het om die droogte te oorleef nie, wat gevolglik lei tot oorbestellings. Oor die algemeen handhaaf Ruvoer-fabrieke stadiger produksietempo’s, wat natuurlik ook ‘n impak het op die agterstande.
Die beskikbaarheid van alle roumateriale wat in veevoere ingesluit word is onder geweldige druk, wat beteken dat die gaping van agterstand net sal verbreed indien verandering nie vinnig kom nie.
Lees meer oor hierdie onderwerp deur Landbou.com se artikel hier te lees.