Hewige stygings in kosprys duur steeds voort in Suid-Afrika. Daar word verwag dat die voedsel-inflasie teen Augustus met meer as 12% sal styg en dat dit op sy hoogste sal wees met ‘n persentasie van 25%.
As gevolg van die verwikkelinge sal meer mielies uitgevoer moet word wat die graan en graanbedrywe in die landbou-ekonomie sal laat krimp.
Mnr. Senzeni Zokwana, Landbouminister, het na ‘n voorlegging op die bogenoemde uiteinde gekom, dat die voedsel-inflasie wel skerp sal styg en mielies se invoer sal definitief verhoog.
Landbouweekblad : Die gematigde effek op álle kos-items is dat daar na raming ’n 11% styging sal wees, vleis met 8% sal styg, graanprodukte met 12%, melk, eiers en kaas met 10% en groente met 12%.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye beweer dat daar nie genoeg wit mielies na April sal wees nie en dat daar net genoeg geel mielies sal wees vir ‘n sekere aantal weke.
Lees meer op Landbouweekblad.