Goeie plaasbestuur, ‘n program vir inentings en ontwurming en ‘n dipstelsel is nodig om siektes te verhoed, sê die ARC Onderstepoort Veeartsenykunde Instituut.
‘n Vuil omgewing, stresvolle toestande soos swak vervoermetodes, en die aankoop van nuwe diere sonder die nodige voorsorgmaatreëls kan bydra tot swak gesondheid onder diere. Die ARC Onderstepoort Veeartsenykunde Instituut stel ook voor dat lammers nie te vroeg van hul ooie geskei is nie, asook dat dragtige ooie betyds ingeënt is om hul lammers beskerming teen siektes aan te bied.
Leer meer oor die oorsake van siektes onder skape en bokke, asook hoe om siekte te vermy, hier.