Suid-Afrika sal tot vyf miljoen ton mielies van die buiteland moet invoer, indien die reën wegbly meen mnr. Fanie Brink, ‘n landbou-ekonoom.
Meneer Fanie Brink, sê dat indien daar nie goeie reënstorms in die res van Desember en die opvolgende maande is nie, sal mielie-invoere in die komende jaar styg.
“Die heersende ernstige droogte in die land kan veroorsaak dat die invoere van mielies as ‘n stapelvoedsel volgende jaar omvangryke afmeting aanneem. As daar nie nog hierdie maand baie goeie reën en voldoende opvolg reën in Januarie en Februarie volgende jaar in die grootste produserende gebiede val nie, sal heelwaarskynlik tot soveel as 5 miljoen ton mielies ingevoer moet word,” verduidelik Brink.
Die Noordwes-Vrystaat en die Noordwes Provinsie produseer gemiddeld 59,3% van die land se mielies, maar gaan tans kwaai gebuk onder die droogte.
Die planttyd van mielies sal ongeveer teen die einde van die maand verstryk.
Lees die Landbou.com artikel hier.