Oor die afgelope dekade het vleisverbruik in Suid-Afrika drasties gestyg as gevolg van groeiende inkomstevlakke, voortgesette verstedeliking, stygende lewenstandaarde en ‘n verhoging in dieet-verskeidenheid, volgens die laaste basislyn verslag van BFAP (Bureau for Food and Agricultural Policy). Pluimveeverbruik het as die mees bekostigbare bron van proteïen met byna 50% verhoog, vergeleke met ‘n 19% en 33% styging in beesvleisverbruik en varkvleisverbruik onderskeidelik.
Die vooruitsigte vir inkomstegroei is veral oor die kort termyn meer beperk, wat daartoe sal lei dat die groei in vleisverbruik in die komende dekade heelwat stadiger sal wees as wat die geval in die verlede was. Dié afname is reeds sigbaar in die post-resessie periode en sedert 2010, waar die groei in die verbruik van hoendervleis en beesvleis aansienlik vertraag het. Varkvleis is die enigste vleistipe waar verbruik in die afgelope vyf jaar versnel het, relatief tot die 2005 tot 2010-periode.
Klik hier om meer te lees. Inligting verskaf deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).