Nico van Burick, ‘n Landbou.com skrywer, kyk na sommige van die landbou-voorspellings wat vir 2015 gemaak is, en ontdek of die voorspellers reg was.
Rooivleispryse was ’n jaar gelede vir boere 20% hoër as in dieselfde tyd in 2014. Ná ’n droë tydperk het dit goed gereën en daar is geglo dat Suid-Afrika in ’n kuddebou-fase inbeweeg, met speenkalfpryse wat nie onder R20/kg sal beweeg nie. Maar die droogte het tussenbeide getree en in November het ’n ooraanbod van vee op veilings die speenkalfprys skielik met R3/kg en meer laat val.
Voorsitter van Wildbedryf SA, Dr. Peter Oberem, het ’n jaar gelede minder reën voorspel vir streke waar in Suid-Afrika met wild geboer word. Hy het ook gesê dit sou lei tot meer diere wat op veilings aangebied word, wat pryse vir gewone vlaktewildsoorte laer sal laat neig. Hy het verder ook voorspel dat die pryse van teeldiere sal aanhou groei. Hy is vroeg in die jaar reg bewys toe agt Suid-Afrikaanse rekordpryse op ’n veiling in die nuwe Kroon Boma-kompleks behaal is. Dit is toe gevolg deur verskeie rekordpryse deur die loop van die jaar.
Hoewel ’n El Niño van die begin van verlede jaar voorspel is, was die konsensusverwagting dat dit net van ’n ligte of medium-intensiteit sou wees. Halfpad in die jaar het statistieke op ‘n baie sterk El Niño gedui wat selfs tot diep in 2016 kan voortduur.
Wat hou 2016 vir die landbou sektor in?
Lees die Landbou.com artikel hier.