Die wolmark het met 1,2% hoër verhandel, terwyl die Cape Wools se Merino-aanwyser met 173 punte gestyg het om op R141,45/kg (skoon) te sluit.
Die Australiese markaanwyser het met 0,6% geklim, terwyl die Cape Wools Alle Wol-aanwyser met 0,8% hoër gesluit het.
Handelaars glo dat dié prestasie aan die uitstekende vraag van kliënte te danke is. Hierdie prestasie is ‘n rekord vir die mark en was in Junie vanjaar laas behaal.
Hoewel die rand swakker teen die Amerikaanse dollar en euro verhandel het, is in totaal 98,7% van die 14 203 bale wol wat te koop was, verkoop. Die grootste kopers by die veiling was G Modiano SA, Standard Wool SA, Lempriere SA en Stucken & Co.
Die volgende wol-veiling sal op 13 Januarie 2016 plaasvind.
Lees die Landbou.com artikel hier.