Mnr. Given Lubinda, minister van landbou in Zambië, wil vir die kabinet van die land vra om ontwikkeling van landboublokke te bespoedig.
Landbou is uitgewys as ‘n groot moontlike ekonomiese drywer, wat baie vir die land in die toekoms kan beteken.
Zambië het in totaal 43 miljoen hektaar bewerkbare grond, waarvan daar tans nog net 6,02 miljoen hektaar vir landbou gebruik word.
In die land is daar is daar tien landboublokke uitgewys in verskillende provinsies. Hierdie blokke is geoormerk vir beleggings en die Mkushi- en Nansanga-blokke al die verste ontwikkel, volgens ‘n Zambiese landboujoernalis, Kakoma Kaleyi.
Elke blok word so ontwerp dat daar ten minste een grootskaalse plaas van 10 000 ha in die blok ge-akkomodeer kan word, wat as kern-onderneming dien.
Lees op Landbou Weekblad se webtuiste deur hier te druk.