Volgens die president van die Afrika Ontwikkeling Bank (AfDB), Dr. Akinwumi Adesina, is die rekening vir voedselinvoere in Afrika nou $35 miljard per jaar.
Die syfers, voorgelê by ‘n onlangse landboukonferensie in Senegal, dui aan dat Afrika hul landbousektor moet ontwikkel en die geld vir voedselinvoere anders moet bestee. Adesina het sentrale- en ontwikkelingsbanke aangemoedig om geld vir die landbousektor te leen. Sy mening is dat dit winsgewend is om krediet aan die landbou te verskaf, asook om in landelike infrastruktuur te belê.
Om die nege miljard mense te voed wat teen 2050 op die aarde gaan leef, sal Afrika sy bewerkbare land (65% van die wêreld se totaal) tot sy beste vermoë moet gebruik, sê Adesina.