‘n Onafwendbare nagevolg van verlengde droogte toestande is die agteruitgang van veldkondisies. Doktor Louis du Pisani, nasionale bestuurder van produksie advies en ontwikkeling by die Nasionale Wol Kwekersvereniging het onlangs ‘n paar wenke gedeel wat toegepas kan word om weiding, en sodoende ook, veeboerderye te herstel na droogte toestande en om volhoubaarheid te verseker.
Volgens Dr. du Pisani moet die herintegrasie van vee op weiding gesinkroniseer word met die tempo waarteen die veld herstel, dus moet die drakrag van die veld in ag geneem word wanneer vee herintegreer word. Die feit dat drakrag verminderd sal wees na ‘n droogte moet ook in berekening gebring word.
Vee moet verkieslik op ander weiding as veld geplaas word tot die droogte geheel en al gebreek is. Sulke weiding kan oesreste insluit, maar indien dit nie beskikbaar is nie, is die beste alternatief robuste weiding wat gewoonlik gevind kan word op bergrugte wat minder smaaklike plantegroei op klipperige oppervlaktes bevat.
As ‘n laaste uitweg kan sekere landerye gekies word om op te offer. Vermei egter om vee sonder oordeel orals op die plaas te wei tydens die herstelfase, omdat hulle selektief aan die mees smaaklike plante sal vreet wat skadelik sal wees tot die herstel van die weiding. Die afgeskorte weiding wat opgeoffer word kan eerder later herstel word deur voorkeur te verleen aan die weiding se rustyd deur dit byvoorbeeld te laat rus vir ‘n volle seisoen.
Goeie kondisie veld is van kardinale belang vir die winsgewendheid van ‘n veeboerdery om verskeie redes. Eerstens, kan dit meer grondwater behou al ontvang dit dieselfde hoeveelheid reën as swak velde. Verder het goeie kondisie weiding ook meer drakrag as swak weiding weens die plantegroei, wat ook gevolglik meer voedingswaarde sal hê. Laastens, bied goeie weiveld meer wins per hektar as swak weiding.
Indien jy nie voorheen goeie afwisseling praktyke toegepas het op weiding nie meen Dr du Pisani is dit nou die beste tyd om dit te begin implimenteer.
Leer meer hier.