Na aanleiding van inligting uit verskillende oorde, het dr. Herman van Schalkwyk, landbou-ekonoom en uitvoerende hoof van Aginfo, sy nuutste verwagtinge by die AMT se jaarlikse konferensie gedeel. Volgens van Schalkwyk het China se wisselvalige omstandighede ’n voortdurende impak op alle kommoditeite. Wanneer dit by die meeste plaaskommoditeite kom, behoort die internasionale landbousektor homself by die laer pryse aan te pas.
“Vanjaar en aanstaande jaar kan plaaskontantontvangste krimp, maar daarna weer groei. In reële terme kan die pryse van landbouprodukte oor die volgende tien jaar daal omdat produksie vinniger kan groei as wat vraag sal groei,” het Herman van Schalkwyk gesê.
Beleggings in landbou kan die opbrengs en produksie laat groei – selfs al word daar ’n matige produksiegroei in Afrika verwag.
Lees meer oor van Schalkwyk se verwagtinge, hier.