Australian Wool Innovation (AWI) het aangekondig dat hulle hul belegging in die teeldoeltreffendheid van Merinoskape oor die volgende vier jaar gaan verdriedubbel.
Australian Wool Innovation is Australië se voorloper in die ontwikkeling, navorsing en bemarking van dié land se wolbedryf. Die organisasie se program, Lifetime Ewe Management (LTEM), is tans by 20% van die land se kuddes betrokke en ongeveer 3 000 wolprodusente neem aan die program deel. Hul program het speenpersentasie met gemiddeld 10% opgestoot, terwyl ooimortaliteit met gemiddeld 30% verlaag het.
AWI beplan om hul belegging van R28,3 miljoen te vergroot, en meer te bestee in die navorsing van Merinoskape se reproduksie. Hulle wil graag teen 2019 ongeveer 50% van die nasionale kudde betrek.
Die LTEM program sal produsente help om produksie te verhoog, asook die welstand van skape te verbeter. “LTEM word nou as die beste praktyk vir voedingsbestuur gesien, maar ons wil ook nuwe geleenthede ondesoek rondom genetika en die bestuur daarvan, om reproduksie meer doeltreffend te maak,” verduidelik meneer Paul Swan, bestuurder van navorsing by AWI.
Veteraan skaapnavorser, dr. Andrew Thompson, sal deeltyds as die program se bestuurder dien.
Lees die Landbou.com berig hier.