Leierskap Ontwikkelingsprojek
Professor Leopoldt van Huyssteen, as hoof van die “Acedamy for Enviromental Leadership” is betrokke by jeugleierskap ontwikkeling. Vyftig graad 12 leerlinge in leierskapposisies van oor die hele Noordkaap word jaarliks, na voltooiing van die finale eksamen, byeen gebring vir ‘n week. Die doel van die konferensie is om ‘n forum te skep waar jong leiers…
Raisins SA en HMO Projek
Hierdie projek, wat reeds ‘n aanvang geneem het, behels dat Raisins SA ‘n stuk grond van 30ha by Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas huur, waar wingerde aangeplant en navorsingsprojekte en praktiese opleiding in wingerdkunde gedoen word. KLK het hierdie projek ondersteun deur pale, draad en meer te skenk vir die hervestiging van wingerde ter waarde…
Carpe Diem Raisins Vroueprojek
Hierdie projek in samewerking met Raisins SA poog om vroue van die nodige bestuursvaardighede en wingerdbou en finansiële kennis te voorsien om selfonderhoudend en winsgewende boere te word. Carpe Diem Raisins en Raisins SA het fondse beskikbaar gestel vir 3 boere om 3.5ha nuwe wingerdstokke te plant en om droogbaan fasiliteite op te gradeer vir…
E-Waste
Hierdie projek is al reeds vanaf Oktober 2016 aktief waar daar by alle rybane sowel as handelstakke groen “wheelie bins” beskikbaar is vir die publiek om E-afval te deponeer vir herwinning. Daar is ook groter selfhelp houer by die Upington handelstak. Hierdie projek het sedertdien 24.5 ton e-afval herwin.
Leer en Leef Kleuterskoolprojek
Twee kleuterskole in die Rosedale woonbuurt in Upington wat KLK ondersteun het deur middel van boumateriaal te skenk is nou reeds funksioneel en sien om na onderskeidelik 36 en 23 kinders. Die boumateriaal is aangewend om ekstra klaskamers en ‘n kombuis aan te bou.