Brusellose is ’n siekte wat tans besig is om die lewendehawebedryf te vernietig en dit kan ook na mense oorgedra word.
Brusellose versprei tans ongehinderd in die meeste van Suid-Afrika se provinsies. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), tesame met die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF), is daartoe verbind om deur gesamentlike aksies brusellose te beheer en uiteindelik uit te roei.
Dit sal beteken dat alle partye soos boere, lewendehawe-organisasies, DAFF en die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging deur RuVASA-praktisyns hulself moet verbind tot hierdie saak indien die doelwit om brusellose onder beheer te bring, bereik wil word.
Die NDGF in samewerking met DAFF wil bewusmaking van die siekte aan alle rolspelers verhoog. Die NDGF het in samewerking met DAFF ’n brusellose-beheerinisiatief genaamd VET (“Vaccinate, Educate, Test”) bekendgestel in ’n poging om die voorkoms van brusellose te bekamp.
Click here to read more.