Raisins SA en HMO Projek

Hierdie projek, wat reeds ‘n aanvang geneem het, behels dat Raisins SA ‘n stuk grond van 30ha by Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas huur, waar wingerde aangeplant en navorsingsprojekte en praktiese opleiding in wingerdkunde gedoen word. KLK het hierdie projek ondersteun deur pale, draad en meer te skenk vir die hervestiging van wingerde ter waarde…

E-Waste

Hierdie projek is al reeds vanaf Oktober 2016 aktief waar daar by alle rybane sowel as handelstakke groen “wheelie bins” beskikbaar is vir die publiek om E-afval te  deponeer vir herwinning. Daar is ook groter selfhelp houer by die Upington handelstak. Hierdie projek het sedertdien 24.5 ton e-afval herwin.