Rooivleis verhandel binnekort op JSE
Op die JSE, beter bekend as Safex, gaan rooivleis, spesifiek beesvleis, in die toekoms soos ander kommoditeite verhandel. Die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) verskaf boere met inligting oor die verhandeling, asook handelswenke oor wat die boer in gedagte moet hou.