Die interministeriële komitee oor droogte het hulle kommer uitgespreek oor die vlakke van damme wat op hulle laagste in jare is, maar glo nog steeds dat ‘n algemene noodtoestand nie nodig is nie.
Die drie betrokke ministers, Des van Rooyen van Koöperatiewe Samewerking, Nomvula Mokonyane van Waterwese en die minister van Landbou, Senzeni Zokwana, het hulle hoop geplaas op huishoudelike waterbeperkings en langtermyn weervoorspellings wat praat van reën in November. Dieselfde voorspellings praat egter van ondergemiddelde reënval deur die seisoen.
Minister Zokwana het boere gevra om eerder van drupbesproeiing gebruik te maak om water te bespaar. Hy sê ook die voedselrekening van arm huishoudings het met 30% gestyg, maar hy voel positief oor ‘n droogtebestande mielie wat volgens hom deur die LNR ontwikkel is.
Klik hier om meer te lees.