Indien daar nie reën in Desember val nie, kan die nasionale droogte verreikende gevolge vir die land inhou.
Meneer Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, vertel dat hulle verskeie inisiatiewe het om boere by te staan, maar hulle benodig meer hulp om die situasie te hanteer.
Die skaarste van voer is ‘n nasionale probleem. In die verlede was voer vanuit ander dele van die land na byvoorbeeld Noordwes gestuur, maar die voer wat tans in die Oos- en Wes-Kaap beskikbaar is, word slegs na droë dele in dié provinsies gestuur.
Sewe van die land se provinsies gaan streng gebuk onder die droogte, terwyl die ander twee provinsies (Oos- en Wes-Kaap) slegs in sekere streke droë omstandighede ervaar.
“Ons monitor die situasie en versamel data vir ’n volledige verslag teen 18 Januarie oor die toestande, risiko’s, situasie vorentoe en omvang van hulp benodig. Die ramphulptaakspan sal dan weer vergader,” het Van Zyl verduidelik..
“Ons doen ‘n beroep op maatskappye in die waardeketting, sowel as die staat, om geldelik te help.”
Lees die Landbou.com artikel hier.