Die internasionale voorskrif van ’n betroubare oesskatting lui dat skattings wat binne die perke van 5% hoër of laer as die werklike oeste val, as akkuraat beskou kan word.
Die nasionale mielie-oes van 2015 was 9,96 miljoen ton. Die Nasionale Oesskattingskomitee se beramings in Februarie van 2015 was baie akkuraat, sienende dat die oes net 3% meer as die komitee se aanvanklike skattings was.
Dit is volgens Mnr. Nico Hawkins, hoof van die SA Graaninligtingdiens, die akkuraatste skattings wat die komitee nog ooit gemaak het.
Die Nasionale Oesskattingskomitee het onlangs onder baie kritiek deurgeloop, as gevolg van die feit dat meeste ontleders glo dat die komitee se skatting van 7,44 miljoen ton oor-optimisties is en ook as gevolg van die vervroegde eerste produksieskatting in Januarie.
Lees meer oor die bogenoemde op Landbou Weekblad se webtuiste deur hier the klik.