’n Studie in Australië het bewys dat jong skape net so goeie groei toon op ’n hoë sorghum dieet as lammers op mielie- en lusern diëte.
Sorghum is ’n effektiewe alternatief vir mielies, nie net omdat dit ’n goeie bron van voedsel is vir skape nie, maar dit kan ook gebruik word as voer vir varke, pluimvee, bokke en beeste. Boonop is sorghum uitstekend vir die Suid-Afrikaanse landbou konteks, omdat dit droogte bestand is en ’n redelike goedkoop alternatief is vir die bogenoemde diere.
Intreevlak landbou praktisyne kan met gerief dié gewas aanplant sonder implemente of meganisasie. Boere word dan aangemoeding snags die vee op die stuk grond te laat wei vir ’n paar weke of tot die grond los genoeg is om te bewerk en op te plant. Indien die boer toegang het tot die nodige masjienerie, moet die grond voorberei word tot die saadbed baie fyn gemaal is.
Na die plant- en groeifases moet die sorghum op die land uitgedroog word voor dit verpak word in sakke en aan skape of aan ander diere toegedien word volgens die riglyne:
Stel jou diere voor aan sorghum deur die verhouding saad tot blaar/stam 1:4 te maak. Dit wil sê die mengsel moet uit een kwart saad en drie kwart blaar of stingel bestaan wat saam fyn gemaal is. Die verhouding kan volgehou word vir die eerste 14 dae, waarna daar geleidelik meer saad bygevoeg kan word.
Indien jy meer wil leer oor die voordele van Sorghum in skaap voer, en hoe dit effektief toegedien word, lees hier.