Verbruikers kan hul maar gereed maak vir ‘n dubble kosprys verhoging as gevolg van die landwye droogte en die rand se voortdurende swak verhandeling.
Ekonome waarsku ook van twee rentekoers-verhogings in die opkomende jaar. Terwyl Suid-Afrika nog van ‘n R12 miljard verlies in mielieproduksie van verlede jaar herstel, kan dit dalk beteken dat die land moontlik na mielie-invoere moet begin kyk.
Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, verduidelik dat Februarie se droogte, ‘n 70% verhoging in die kosprys van mielies beteken het, en mieliemeel se kosprys met 14% gestyg het.
Lees die volle berig hier.