Daar word vermoed dat die huidige El Niño sy klimaks bereik het, maar dit kan nog ‘n paar maande neem om terug na normaal te keer.
Die Australiese Buro van Meteorologie skryf in sy nuutste verslag, oor die ENSO-indeks, dat daar verskeie aanwysers is wat voorstel dat die huidige El Niño sy hoogtepunt bereik het. “In die sentrale tot oostelike Stille Oseaan het temperature op en onder die see-oppervlak die laaste weke begin afkoel, hoewel dit steeds op sterk El Niño-vlakke is,” lees hul verslag.
Die Suidelike Ossilasie-indeks toon ook dat die atmosfeer bokant dié gebied na swakker El Niño-vlakke gedaal het.
Die verslagewers skryf ook dat die 26 El Niño’s wat sedert 1900 verskyn het, opgevolg is deur ‘n neutrale jaar. 40% van die tyd was El Niño met La Niña opgevolg, wat normale of bogemiddelde reënval in Suid-Afrika se somerreëngebiede gebring het. Volgens die buro is dit dus onwaarskynlik dat daar weer ‘n El Niño volgende jaar sal verskyn.
Daar word tans steeds ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature vir die res van die somer verwag.
Lees die Landbou.com berig hier.