Finansiële Resultate

Die verdienste van R50.1 miljoen verteenwoordig ‘n 9.9%-daling vergeleke met die vorige jaar. Die wesensverdienste per aandeel het vanaf 324 sent per aandeel tot 292 sent per aandeel verminder. Die goeie resultate, alhoewel laer as die vorige jaar, word hoofsaaklik toegeskryf aan die styging in winsbydraes van die Brandstofafdeling. SA Dorper en Carpe Diem Raisins.

Aandeleverhandeling

Die verhandeling van KLK aandele vind plaas by wyse van tweeparty onderhandeling tussen ‘n potensiële koper en verkoper. Die potensiële koper en verkoper dien ‘n tender in vir die koop en verkoop van aandele. Die beskikbare aandele en prys per aandeel word op KLK webtuiste geplaas en word versprei na aandeelhouers dmv elektroniese kommunikasie. ‘n Transaksievorm word voltooi indien die koper en verkoper ‘n transaksie ooreenkom.

KLK verskaf nie beleggings, finansiële of regsadvies oor jou aandele nie, kontak asb. jou regsadviseur of makelaar wat die dienste aanbied.

Kennisgewings

TERUGKOOP VAN KLK LANDBOU AANDELE

Aandeelhouers wat hul aandele wil verkoop, word die geleentheid gebied om onverkoopte aandele wat nie gedurende die maand verhandel het, aan te bied vir terugkoop deur die maatskappy in die eerste week van die daaropvolgende maand.  KLK sal die aandele terugkoop teen R13.00 per aandeel.

Die aandele terugkoopvorm is beskikbaar op KLK webtuiste www.klk.co.za onder aandele.

Aandeleverhandeling

Aandele te koop

  • 15000 aandele @ R14.00 per aandeel
  • 6340 aandele @ R14.50 per aandeel
  • 1168 aandele @ R14.00 per aandeel
    1168 @ R14.00 VERKOOP 12/09/2017
  • 3841 aandele @ R14.00 per aandeel
    3841 @ R14.00 VERKOOP 08/09/2017
  • 2185 aandele @ R13.75 per aandeel
    2185 @ R13.75 VERKOOP 08/09/2017

Aandele te koop gevra

  • • 2000 aandele @ R13.50 per aandeel
  • • 2000 aandele @ R13.00 per aandeel
  • • 40166 aandele @ R13.00 per aandeel
  • • 2000 aandele @ R13.50 per aandeel
  • • 2563 aandele @ R13.20 per aandeel
  • • 25000 aandele @ R14.00 per aandeel
      3841 @ R14.00 GEKOOP 8/9/2017
      2185 @ R13.75 GEKOOP 8/9/2017
      1168 @ R14.00 GEKOOP 12/09/2017

Kontakbesonderhede

Aandele administrasie:
Anke Nagel by +27 54 337 6207 of aandele@klk.co.za

Maatskappysekretaris:
Grandville Marquard by +27 54 337 6212 of grandville@klk.co.za

AANTAL AANDELE UITGEREIK 17181391
Aantal aandele verhandel: 1 Maart 2017 – 15 September 2017 1435299
1 – 15 September 2017
Aantal kopers 6
Aantal verkopers 5
Aantal aandele te koop aangebied 28534
Aantal aandele te koop gevra 73729
Aantal aandele verhandel 7194
Verhandelingsprys (sent)
11-15 September     1400
1 – 8 September 2017 1400 – 1375
Augustus 2017 1400 – 1300
Julie 2017     1350
Junie 2017 1350 – 1300
Mei 2017 1310 – 1225
April 2017      NUL
Maart 2017      1250
Februarie 2017 1270 – 1250
Januarie 2017 1290 – 1200
Desember 2016 1250 – 1200
November 2016 1250 – 1200
Oktober 2016 1300 – 1200
September 2016 1250 – 1150
Augustus 2016 1250 – 1100
Julie 2016 1200 – 1023
Junie 2016 1200 – 1040
 Mei 2016 1200 – 1000
April 2016     1000
Maart 2016     1030 – 950
Netto batewaarde per aandeel tot 28 Februarie 2017 1752 sent per aandeel

Kliek op die onderstaande PDF dokumente om die volgende vorms in PDF formaat te sien:  Kooptender, Verkooptender, Transaksievorm en Aandele Oordragvorm.

KooptenderVerkooptenderTransaksievormAandele TerugkoopvormAandeel Oordragvorm

05 Augustus 2016

 30 Augustus 2017