FINANSIËLE RESULTATE

Die verdienste van R67,0 miljoen, vir die ses maande geëindig 31 Augustus 2025, verteenwoordig ‘n verswakking teenoor die ooreenstemmende periode van die vorige jaar..

Die Wesensverdienste per aandeel vir die ses maande het vanaf 415 sent per aandeel tot 553.6 sent per aandeel verhoog..

Die laer Groep resultate word hoofsaaklik toegeskryf aan SA Dorper (huide en velle), die Vleisafdeling en die Handelsafdeling se resultate. Die verwerking van huide by SA Dorper het onder verwagting presteer as gevolg van die bek-en-klouseer siekte wat by Karan Beef uitgebreek het en die laer vraag na Dorper leer. BADER SA het die huide verwerkings kontrak met SA Dorper gestaak vanaf 1 Oktober 2025, dit het tot gevolg dat daar ‘n waardedaling voorsien is op die bates van SA Dorper van R55,6m.

Die Vleisafdeling se laer prestasie is as gevolg van laer slaggetalle by Upington Abattoir weens uitdagings met invoerpermitte se uitreik by die departement Landbou se afdeling van Veeartseny Dienste, ondanks Carnarvon Abattoir wat beter as vorige jaar presteer het. Die Handelsafdeling se prestasie het verswak as gevolg van meer gedempte verbruikersbesteding, veral op veevoere. Ondanks ‘n styging in die kontribusie van Carpe Diem Raisins danksy gunstige gerealiseerde en ongerealiseerde valuta verskansing en ‘n verbetering in die finansiële prestasie van die brandstof afdeling as gevolg hoër volumes. Die handelsklimaat vir rosyne vir die tydperk onder oorsig, was steeds goed, danksy ‘n beter balans tussen vraag en aanbod weens ‘n kleiner Turkse oes.

Winsaankondiging

Vir die ses maande geëindig 31 Augustus 2025

KLK Jaarverslag 2025 en Algemene Jaarvergadering besluite