Die Rooivleisbedryfsforum sê rooivleis moet versigtig hanteer word na gevalle van listeriose.
Besmetting vind deur die inname van voedsel plaas. Hoewel rooivleis nie ‘n tipiese bron van besmetting is nie, is daar ‘n dringende beroep op die rooivleisbedryf om spesiale aandag te gee aan higiënepraktyke tydens die produksie, verwerking, verpakking en voorbereiding van vleis.
Hoewel rooivleis nie ‘n tipiese bron van besmetting is nie, is daar ‘n dringende beroep op die rooivleisbedryf om spesiale aandag te gee aan higiënepraktyke tydens die produksie, verwerking, verpakking en voorbereiding van vleis.
Die hoofoorsaak van listeriose is die bakterie Listeria monocytogenes, wat in modder, grond, water, riool en verrotte plante gevind word. Diere kan die bakterieë inneem deur besmette plante of ander diere te eet.
Die bakterieë word deur behoorlike gaarmaakprosesse vernietig, maar verbruikers word gewaarsku om gekookte en rou vleis afsonderlik van mekaar weg te hou om kruisbesmetting te voorkom. Listeria-bakterieë is veral gevaarlik omdat dit teen yskastemprature kan groei.
Dit is ook belangrik dat verbruikers seker maak dat vleis van geregistreerde abbatoirs met ‘n onafhanklike vleisinspeksiediens aangekoop word om te verseker dat die regte higiëneprosedures gevolg is ten einde siektes uit te skakel en voedselveiligheid te verseker.
Bron: Netwerk24