Dr. Faffa Malan, bestuurder van Ruvasa (Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika), het veeboere aangeraai om op hul hoede te wees vir haarwurm in vee nadat die veesiekte in Februarie in al nege provinsies aangemeld is. Ruvasa se verslag dui ook op die risiko van Parafilaria, Tampans en suigende luise in veral die Noord-Kaap omgewing.
Dr. Malan raai boere aan om waaksaam te wees en hul diere te ondersoek om seker te maak hulle het nie erge besmetting van haarwurm, wat ‘n inwendige parasiet is, nie. Die kleur van die oogslymvlies, gewoonlik ‘n ligte pienk tot with kleur, verklap dadelik as ‘n skaap erg besmet is. ‘n Gesonde skaap se ooglymvlies is altyd rooi.
Ander veesiektes om voor op die uitkyk te wees in die Noord-Kaap is:
- Bloubosluise (uitwendige parasiet)
- Bontpootbosluise (uitwendige parasiet)
- Rooipootbosluise (uitwendige parasiet)
- Muskiete (uitwendige parasiet)
- Anaplasmose (bosluisoordraagbare siekte)
- Sweetsiekte (bosluisvergiftiging)
- drie-dae-stywesiekte (insekoordraagbare siektes)
- bloutong (insekoordraagbare siektes)
- Trichomonose (Geslagsiektes)
- Vibriose (Geslagsiektes)
- Sponssiekte (Bakteriese siektes)
- Bloednier (Bakteriese siektes)
- Tetanus (Bakteriese siektes)
- Beesbrusellose (Bakteriese siektes)
- Escherichia coli (Bakteriese siektes)
- Ensoötiese aborsie (Bakteriese siektes)
- Baarmoedersponssiekte (Bakteriese siektes)
- Snotsiekte (Virussiektes)
- Vuilbek (Virussiektes)
- Vratte (Virussiektes)
- Omlope (Swamsiektes)
Lees meer hier.