LANDBOU HANDELSTAKKE & BUILD IT

Die negentien handelstakke, uitgesluit Build it, strek oor ons geografiese gebied vanaf Pofadder in die weste, Kuruman in die ooste, Rietfontein in die noorde en Calvinia in die suide. Die vier Build it-boubenodighede konsessies is op Upington, Kathu, Kuruman en Postmasburg gevestig.

Klik op die onderstaande skakel om die handelstakke te besigtig.

VLEISHANDEL & VERWANTE BEDRYWE

Die drie abattoirs te Carnarvon, Calvinia en Upington behartig die verslagting en verkope van lam- en beeskarkasse. SA Dorper behartig die verwerking en uitvoer van dorpervelle en die verwerking van beeshuide.

Weeklikse Vleispryse

Bate

Empty section. Edit page to add content here.

Slagpryse word weekliks gewaarborg. Klassifisering en gesondheidsinspeksies word deur ‘n onafhanklike maatskappy naamlik IMQAS gedoen. Karkasse word hoofsaaklik in die metro’s van die Wes-Kaap, Durban en Gauteng bemark.

Alle produsente word vriendelik uitgenooi om die slagting van hul vee by te woon en vrae sal deur die klassifiseerder en gesondheidsinspekteur beantwoord word.

Laai die Veediefstalwet PDF afGaan na die SAMIC webtuiste

Vir besprekings van slagtings en verdere navrae, kontak:
Charl Joubert +27 (0) 54 337 7514

Upington Abattoir, aflaaitye:
Maandae – Donderdae 06:30 – 21:30
Sondae 14:00 – 20:00
Geen diere sal op Vrydae na 09:00 ontvang en geslag word nie.

LEWENDEHAWE, VEILINGS EN SKAAPVOERKRAAL

Gereelde veilings van vee, los goedere en uitverkopings vind plaas. Opgeleide KLK-bemarkers behartig skakeldienste en klassering van vee. KLK beskik oor ‘n skaapvoerkraal met ‘n 6 500-staankapasiteit om diere markgereed te kry.

Karakoelpelse

Sluitingsdatums

09/01/2017

26/06/2017

Section

Empty section. Edit page to add content here.

Veilingsdatums

26/04/2017

07/09/2017

Te koop aangebied

Kontak Stiaan von Wielligh by +27 (0)82 844 6604

Veilings en Skakeldienste

Kommersiële veilings van kleinvee en grootvee, stoetveeveilings, losgoed en algemene uitverkopings word deurlopend deur die jaar aangebied. Gereelde kalenderveilings word gehou te Upington, Olifantshoek, Kuruman, Postmasburg en Vanzylsrus.

 

Skakeldienste van aanteel- en slagvee sowel as klassering van diere word deur ‘n kundige span bemarkingsbeamptes hanteer. Klassering van ooie en hulp met die aankoop van ramme kan met die bemarkingsbeampte in jou gebied of tegniese adviseur gereël word.

 

KLK is die enigste organisasie wat karakoelpelse in Suid-Afrika hanteer. Twee pelsveilings word per jaar te Kopenhagen, Denemarke gehou. Pelse word in Upington versamel en na die pelssentrum in Windhoek gestuur waar dit sorteer en na Denemarke verskeep word.

 

Abattoirs

KLK bedryf abattoirs in Upington, Calvinia & Carnarvon waar kleinvee en grootvee (Upington) geslag kan word. ’n Premie word betaal vir karkasse wat voldoen aan die vereistes van ‘n nismark-lam.

 

Voerkraal

‘n Goed toegeruste skaapvoerkraal met ‘n 6500 staankapasiteit is tot die produsent se beskikking om diere markgereed te kry.