Die International Farm Management Association (IFMA) se 21ste kongres is van 2 tot 7 Julie in Edinburgh, Skotland, aangebied. Phillip Oosthuizen van Sernick en Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat, het die kongres bygewoon. Hulle het artikel-voorleggings gedoen wat deur Zoetis, Sernick en Veeplaas geborg is.
Verskeie sprekers van regoor die wêreld het waardevolle inligting en sienings oor die tema “Toekomstige boerderystelsels” met die kongresgangers gedeel. Boerderye in die Edinburgh-omgewing is ook besoek, wat die Scotland Rural College (SRUC) se skaap- en bees-navorsingstasie, ’n melkery en ekstensiewe veeboerdery ingesluit het.
Die Scotland Rural College se skaap- en bees-navorsingstasie wat besoek is, is een van vyf in Skotland. Hulle besit 1700 skape en 290 beeste wat vir navorsinh gebruik word. Die melkkoeie word die grootste deel van die jaar binnenshuis gehou as gevolg van die koue, nat toestande.
Klik hier om meer te lees oor boerderystelsels.