Termynkontrakte vir beeskarkasse word nou deur die JSE se kommoditeitsmark vir afgeleide instrumente gebied.
Met die bekendstelling van die beurs se nuwe termynkontrakte vir beeskarkasse op 28 Januarie, het Mnr. Raphael Karuaihe, bestuurder van die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se afgeleide kommoditeitsinstrumente, gesê dat ’n enkele kontrak 1 000 kg behels, wat betrokkewording vir kleiner rolspelers moontlik maak.
Dit is wel nie die eerste keer wat termynkontrakte vir beeskarkasse aangebied is nie, sienende dat dit al reeds 20 jaar gelede ook op die boeke was, toe die kommoditeitsmark vir afgeleide instrumente begin het. Dit het wel twintig jaar gelede doodgeloop.
Volgens mnr. Chris Sturgess, hoof van die kommoditeitsmark vir afgeleide instrumente, is daar reeds heelwat nuwe deelnemers na die mark gelok. Een van die meer prominente deelnemers kom uit Australië en spreek boekdele oor die uitbreidingstempo van die beurs en die potensiaal wat dit inhou.
Lees Landbouweekblad se volle artikel hier.