Met steigende arbeidskostes in Suid-Afrika, skep robotte gelykheid binne die vervaardigingsektor in terme van kostes. Automasie is ‘n risiko vir die voortbestaan van alle werke, veral binne die landbousektor.
Die teg-industrie het vele werksgeleenthede geskep, maar dié werke is nie dieselfde as die werke wat verlore gaan nie. Tegnologie verseker die oorheersing van groot maatskappye wat baie meer rykdom kan skep uit minder werk uit en met minder werknemers.
Valter Adao, digitale hoof by Deloitte SA, sê dat Suid-Afrika te veel fokus plaas op die toerusting eerder as om die plaaswerker op te lei oor hoe om die toerusting te gebruik of hoe om dit te programeer. Adao voel dat net soos die trekker plaaswerkers se potensiaal verbeter het, kan tegnologie dieselfde geleentheid aanbied.