’n Tegniek genaamd stabiele isotoop ratio-analise het plante en vleis van Dorperskape van sewe plase, in verskillende streke in die Noord en Wes-Kaap asook die Vrystaat, ondersoek. Navorsing toon dat verskillende Suid-Afrikaanse landstreke se lamsvleis verskil. Dit kom neer op die verhouding waarin spesifieke fyn element-merkers genaamd isotope voorkom.
“Die bevindings verskyn in die vaktydskrif Food Chemistry en is deel van ’n navorsingsprojek deur Sarah Erasmus, ’n PhD-student in voedselwetenskap aan die US. Dit word onderneem in samewerking met sensoriese voedselkenner Nina Muller van die US Departement Voedselwetenskap en prof Louw Hoffman, wat die Suid-Afrikaanse Leerstoel in Vleiswetenskap aan die US beklee.”
Die studie bevestig dat isotoop-waardes gebruik kan word om die oorsprong van Suid-Afrikaanse lamsvleis te bepaal. Veeplaas het onlangs oor die Universiteit van Stellenbosch se waarnemings berig.
Klik hier om Veeplaas se berig te sien.