eerste

KLK Express winkels nou oop

Die mees moderne geriefswinkels nou deel van 3 van KLK se rybane.

Volgens Marietjie Jacobs, bestuurder van die KLK-vulstasies en Express-geriefswinkels, is hulle tevrede met die omset. Hulle adverteer gereeld op sosiale media alle promosies en so meer.

KLK Express se heerlike koffie is dié gonswoord en daar is reeds gereelde klante wat elke oggend hul koppie kom kry. Ingevoerde koffiebone van Dallmayr Café & Bar word gebruik. Klante kan uit ’n verskeidenheid drinkgoed kies – daar is  onder meer cappuccino, Americano, latte macchiato en filterkoffie – maar Marietjie beveel die creamy hot chocolate ten sterkste aan.

Nog ’n lipleklekker trekpleister is natuurlik dié geriefswinkel se tuisgemaakte beesstert en skaapvleispasteie. Voorts kan inwoners en reisigers deur die dorpe talle ander geriefsprodukte hier kry.

Die konsep van die geriefswinkels is in geheel deur die argitekmaatskappy De Kock en vennote ontwikkel en uitgevoer. Al die ander werk is waar moontlik deur plaaslike kontrakteurs gedoen. Marietjie bedank almal betrokke vir hul insette.

KLK Express se vriendelike personeellede staan gereed om jou besoek spesiaal te maak!

Goeie nuus is dat daar beoog word om uiteindelik 'n Express-winkel by elk van KLK se elf vulstasies te hê.

Volg KLK Express gerus op sosiale media:

KLK Express Gordonia Motors Upington

5 Scott Street, Upington

Tel: 054 337 6250

KLK Express Kakamas Rybaan

2 Augrabies weg, N14, Kakamas

Tel: 054 431 0478

KLK Express Trokkie Calvinia

R27, Calvinia

Tel: 027 341 1244