Verskeie belangegroepe in die wild- en jagbedryf het die jongste konsep-wildsvleisregulasies rakende die oes en prosessering van wildsvleis in totaliteit verwerp. Die konsepregulasies is op 4 November vandeesmaand deur die Departement Landbou, Bosbou en Visserye in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer. Die konsepregulasies is ingevolge die Wet op die Veiligheid van Vleis, (Wet 40 van 2000) gepubliseer.
Volgens doktor Maretha van der Merwe, wildsvleisnavorser en konsultant vir die wildbedryf, is belangrike voorstelle uit die wildsvleisbedryf na verskeie konsultasiesessies met die departement, geensins vervat in die gepubliseerde konsepregulasies nie.
’n Alternatiewe voorstel tot die konsepregulasies, wat verskeie leier-organisasies en rolspelers in die wildsvleisbedryf insluit, sal onder leiding van dr Van der Merwe ingedien word. Dr Van der Merwe het ’n werkwinkel in Centurion gehou waar alternatiewe en meer prakties uitvoerbare voorstelle bespreek is.
Klik hier om meer te lees