Alhoewel dieresiektes in veeboerdery onvermydelik is, word dit dikwels oor die hoof gekyk en kan dit tot groot skade vir produsente lei – indien dit nie reg bestuur word nie. Dieresiektes sluit nie net kliniese gevalle in die kudde in nie. Vir elke dier wat klinies siek is, is daar ’n groep diere sonder ooglopende simptome.
Vanjaar is die gesondheidstatus van die nasionale kudde in ’n beter toestand as dié van vorige jare. Dít is volgens dr. Chris van Dijk, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF). Die nasionale gesondheidstatus van vee word egter deur die gesondheidstatus van individuele kuddes beïnvloed.
Enstof as gesondheidsbestuur op die plaas
Die algemene gesondheid van diere se immuunstelsel, is nét so belangrik soos die diere se oënskynlike gesondheid. Een manier om algemene gesondheid in diere te verseker is om die regte entstof op die regte tyd toe te dien.
Volgens Van Dijk is entstowwe die laaste inset waarop produsente moet probeer spaar. Slegs 15 tot 20% van vee teen die bekendste veesiektes ingeënt, terwyl 80% nie ingeënt word nie en grootliks bydra tot die onbeheerstheid van veesiektes in Suid-Afrika, sê Van Dijk.
Gesondheidspraktyke – sleutelfaktor
Drie sleutelfaktore moet in ag geneem word vir kudde se gesondheidsprogram, naamlik: die patogeen of die agent wat die siekte oordra, die omgewing waar die boerdery bedryf word en die gasheer van di siekte.
Siektes onder vleisbeeskudde
Geslagsiektes, trigomaniase en vibriose, kom ongemerk in jou kudde voor en kan ’n groot impak op ’n vleisboerdery se wins hê, indien ’n vaste teelprogram of dekseisoen nie gevolg word nie.
In die geval waar ’n teelprogram gevolg word kan die siektes vinniger opgetel word. Geslagsiektes kan ook vroeër opgetel word wannneer veeartse bulle se geslagsgeskiktheid voor die teelseisoen toets.
Kriptospordium begin ook meer sy kop uitsteek onder vleisbeeskuddes – veral waar organismes soos rota- en coronavirus voorkom. Wanvoeding kan ook bydra tot die uitbreek van dié siekte.
Siektes onder jou skape
Dit is ook belangrik om te sien na die die geslagsgeskiktheid van jou ooie en ramme. Alhoewel subkliniese gevalle van peestersiekte nie ’n beduidende invloed op jou lampersentasie sal hê nie, kan dit jou boerdery tot stilstand bring. Dit kan moontlik lei tot laer besttingsyfer, om rede ramme en ooie ongemak tydens die dekseisoen kan ervaar.
Brandsiekte is ’n immuun-onderdrukkende siekte wat kan lei swakker wolproduksie. Hoewel dit nie vrektes onder skape lei nie, kan dit tot die uitbreek en aanleiding van ander siektes gee. Vrotpootjie en vuilbek benadeel ook veeproduksie.
Dit is dus belangrik dat produsente goeie kudde-immuniteit opbou en kudde-gesondheid handhaaf en aandag, om sodoende vrektes en produksieverliese te voorkom. Inenting sowel as korrekte voeding en gesondheidspraktyke is noodsaaklik om gesondheidsbestuur te bestuur.