Minister van Landbou, me. Thoko Didiza, het aangekondig dat die landbou- en voedselvoorsieningsektor noodsaaklike dienste vir lewensbestaan is en daarom in bedryf bly tydens die nasionale inperking wat duur van 26 Maart tot 16 April.
“Landbouproduksie in al sy vorme sal onaangeraak bly. Dit sluit in alle dienste, insluitende veeartsnykundige en voorligtingsdienste.”
Op Dinsdag 24 Maart het 554 mense in die land positief vir die koronavirus getoets. Die verwagting is dat hierdie syfer, ondanks nasionale inperking, in die volgende twee weke nog sal styg, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.
Veilings en die verkoop van ander landboukommoditeite sal ook voortgaan onder die baie streng voorwaardes wat die president aangekondig het. Daar mag nie meer as 100 mense ‘n veiling bywoon nie. Verder sal die uitvoer en invoer van belangrike landboukommoditeitee en die vervoerstelsels wat daarmee gepaardgaan ook voort gaan, met die doel om wêreldwye en nasionale voedselsekerheid te behou.
“Dit is nie net beperk tot kleinhandelaars nie, maar die hele voedselwaardeketting, vanaf plaasbedrywighede, landbouverwerking, kosvervaardiging, logistiek en verwante dienste, groothandelaars en alle ondersteuningsfunksies wat die doeltreffende lewering van voedsel verseker.”
Lees meer hier.