Landbou-organisasies sal geld wat begroot is vir landbou beter as die Regering bestee, meen die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn.
“As die departement eerder die R1,7 miljard wat vir voedselsekerheid begroot is aan landbou-organisasies gee wat ontwikkelingswerk doen, soos Graan SA en ander, sou daar al groter vordering gewees het,” sê Steyn.
By die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye het die Finansiële en Fiskalekommissie uitgelig dat slegs 50% van die department se voedelsekuriteit teikens bereik is.
Lees meer hier.