In samewerking met Oranjerivier Produsente Alliansie (ORPA) en LAPA uitgewers is KLK steeds betrokke by die geletterdheidsprojek. Maandelikse byeenkomste vind na gelang van beskikbaarheid van lesers plaas. Lesers neem steeds boeke uit op ‘n leenbasis, soos ‘n tuisbiblioteek.
Die totale koste om die projek te ondersteun, beloop R6 000 per jaar.