Beste produsent,
I/S: LOJALITEITSKEMA
KLK het die bestaande leweringsooreenkoms wat op 31 Augustus 2015 ten einde geloop het, opgeskort en stel ʼn nuwe lojaliteitskema in, wat terugwerkend vanaf 1 September 2015 sal geld.
KLK het besluit om die agterskotstelsel wat voorheen gegeld het, verder te verfyn om sodoende aan ʼn groter deel van die produsente wat aan die abattoir lewer die voordeel van so stelsel te gee. Daar is ook besluit om die periode van berekening te verkort vanaf ses maande na drie maande en die uitbetalings daarvolgens aan te pas.
Die jaar word in vier siklusse ingedeel waarvan die eerste begin op 1 Maart en duur tot en met 31 Mei; die tweede vanaf 1 Junie tot en met 31 Augustus; die derde vanaf 1 September tot en met 30 November en die laaste dan vanaf 1 Desember tot en met 28/9 Februarie.
Die stelsel sal dus nou met die aanvang van die derde siklus begin op 1 September 2015.
Sien aangehegte tabel vir meer detail.
Die agterskot word dus bereken op die kilogramme bemark nadat die getalle die produsente se bonus per kilogram bepaal het om sodoende ook erkenning te gee aan die produsente wat swaarder lammers bemark en kwartaalliks uitbetaal.
U is meer as welkom om met ons te skakel indien u enige voorstelle of vrae oor bemarking het. Ons sal graag van hulp wees. Ons wil u langs hierdie weg bedank vir u volgehoue ondersteuning.
Klik Hier om die brief in PDF-formaat te sien
Groete
Jan Schutte
Bestuurder KLK Lewendehawe.
DIREKTEURE / DIRECTORS :
JS Marais (Voorsitter/Chairman), JPN Stander (Vise-Voorsitter/Vice-
JAA Engelbrecht, A Human (Finansieel/Financial), GC Olivier, SD van Huyssteen (Besturend/Managing).