Die interskou tussen Jongooiklubs op die plaas, Vrede, in die Phillipstown-distrik, het gesorg vir ‘n veelsydige en interessante geleentheid, volgens ProAgri.
Volgens Diederik Vermeulen, eienaar van Vrede en sameroeper, het die dag ‘n goeie opkoms gelewer en meer as 200 mense het baat gevind by die bedrywighede.
Om almal se kennis te verbreed het dr Frans Jooste ‘n embrio-demonstrasie waargeneem, Agri SA se adviseur vir regs- en grondsake, Annelize Crosby, het gesels oor grondhervorming, Cape Wools SA se Louis de Beer het verduidelik hoe wol op die Johannesburgse Effektebeurs verhandel gaan word en Izak Hofmeyer, landboujoernalis, het oor tegnologie gesels.
Van die land se toptelers het ook die geleentheid gebruik om hulle ramme en ooie uit te stal.
Die dag is voorafgegaan deur ‘n weidingskursus deur Lorraine van den Berg en ‘n junior beoordelaarskursus wat aangebied is deur Eddie Prinsloo en Danie Vorster van Merino SA. Diederik se in die toekom sal die aanbieding van meer kort kursusse oorweeg word.
Die dag is ook gebruik vir die NWKV Noord-Kaap-streeksinligtingsdag en die voorsitter, Herman Hugo, het die geleentheid gebruik om teenwoordiges welkom te heet en in te lig oor die bedrywighede van die NWKV.
Op die sosiale front het Franna Benade die vroueprogram behartig, daar is lustig geproe aan wyne en die dag is afgesluit met ‘n potjiekos en dans.
Klik hier om meer te lees oor die interskou.