Die effek van die die huidige droogte word nie net in Suid-Afrika gevoel nie, maar ook in Namibië.
Namibiese veeboere moes onlangs ontslae raak van onproduktiewe diere om die droogte te kan oorleef. Dit kom nadat daar ‘n tekort aan goeie weiding in die land is.
Nog ’n faktor wat die hoë bemarking van beeste aangespoor het, was die vrees vir die uitbreking van bek-en-klouseer. Pryse was onder druk en dié neiging kan moontlik op die kort termyn voortduur. Kenners meen dat daar ‘n ooraanbod van diere op veilings was en dat slagplase teen hul volle vermoë werk.
Daar was ook ‘n toename in uitvoere na Suid-Afrika, waar meer diere weens die droogte geslag is. Plaaslike voerkrale en slagplase verkies eerder Namibiese beeste, aangesien hulle gehard en beter bestand teen siektes is, as plaaslike beeste.
Uitvoere na Angola het weer gedaal namate die daling in die prys van ru-olie. Die Landbou Departement het aangedui dat sekere regulatoriese prosedures ten opsigte van bek-en-klouseer noord van die veterinêre kordongebied hersien is.
Lees die Landbou.com artikel hier.