Mnr. Aggrey Mahanjana, groep- besturende direkteur, sê veeboere in die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap word veral kwaai geknou deur die droogte. “Daar is dele wat in November 2017 laas reën gehad het. Staatshulp word dringend benodig, nie net vir veevoer nie, maar ook kos vir mense. Beeste, skape en bokke vrek soos vlieë en daar is plekke waar mense R800 vir ’n 20 liter-kan water moet betaal.”
Nerpo pleit by die Regering om ’n koeponstelsel te gebruik om droogteverligting te verskaf. Daarmee kan boere aankoop wat die noodsaaklikste is vir elke plaas. Op sommige plase is daar water, maar nie voer nie. By ander is dit andersom. Mahanjana sê as water die probleem is, kan die boer ’n watertenk aankoop en as voer nodig is, kan dit eerder gekoop word. Koepons kan verskaf word na gelang van die hoeveelheid vee of die erns van die situasie.
Hy sê as daar nie ’n koeponstelsel is nie, gaan droogtehulp weer ’n kwessie vir die Zondo-kommissie of die Openbare Beskermer word. Nerpo hou die situasie dop.
Lees meer: Landbou.com