Noupoort, in die Noord-Kaap, se windplaasprojek maak gereed om in Julie sy windturbines toets te begin wat dalk in die toekoms verantwoordelik gaan wees vir die lewering van elektrisiteit vir kommersiële gebruik.
Die projek, van R1,9 miljard, is die eerste windplaas wat in die derde ronde van die program is. Vyf-en-dertig windturbines is reeds opgerig en met die Eskom-netwerk verbind en konstruksie van die infrastruktuur vorder goed.
Die konstruksiespan het ’n hele paar mylpale die afgelope tyd behaal, insluitend die verbinding van die substasie met die kragnetwerk, die inbedryfstelling van die eerste turbines en nou die afhandeling van die turbine-installasie, sê me. Martina Flanagan, projekbestuurder van die Noupoort-windplaas.
Die konstruksie van elk van die turbines, wat 100 meter hoog op die torings aangebring is, duur ’n dag lank onder gunstige weersomstandighede. As die projek suksesvol is, sal die elektrisiteit ongeveer 300 000 ton se koolsuurgas uitskakel en hernubare krag aan sowat 69 000 huishoudings verskaf.