Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het hul vierde verslag oor bek- en klouseervirus oorhandig aan die internasionale organisasie vir dieregesondheid (die OIE), nadat hul toetse uitgevoer het te Ndumo Natuurreservaat en die Tembe Olifantpark gemonitor het.
Ndumo Natuurreservaat en Tembe Olifantpark is alby vry bevestig van Bek-en-klouseer virus en kenners is seker dat daar geen bek-en-klouseer virus in die land is nie.
Daar was ‘n uitbraak onlangs by die Kruger Nasionale Park se heining, maar die uitbraak was beheer deur inenting in die gebied. Die Departement wil graag teen einde November, Suid-Afrika se Bek-en-klouseervrye sone status bevestig met OIE.