Op 27 Januarie was die eerste oesskatting vir somergewasse vir 2016 bekend gemaak. Die voorspellings is deur die Oesskattingskomitee gemaak.
Daar is verskeie menings en idees rakende die beraamde oeste van die somergewasse, maar die Oesskattingskomitee is by ver die beste toegerus om die mees akkurate voorspellings te maak.
Opbrengsskattings bly maar steeds onseker as gevolg van die feit dat die gesaaides, veral in die weste, baie minder as ander jare is.
Skattings rakende sonneblomme is ook redelik onseker, as gevolg van die feit dat dit op die oog af blyk dat daar heelwat meer sonneblomsaad verkoop het as in die voorafgaande jaar en dit kan die algehele beraamde skattings van die Oesskattingskomitee ook beinvloed.
Lees Landbouweekblad se volle artikel en vind meer oor die oesskattings vir somergewasse deur hier te klik.