’n Ooi se voeding speel ’n sleutelrol in die geboorte van sterk, gesonde lammers. Dit bevorder ook groeitempo, goeie voeromsetvermoë en ’n lae voorkoms van vrektes.
Studies het bepaal dat voorgeboortelike voeding, vroeë kolostruminname en voldoende melkproduksie tot goeie gehalte lammers met hoë speenpersentasies bydra. Die laaste 50 dae van dragtigheid (laaste trimester) is uiters belangrik ten opsigte van voeding. Die lam se geboortegewig neem in dié tydperk met soveel as 70% toe. Die ooi se melkklierontwikkeling en potensiële melkproduksie word ook dan vasgelê.
Wenke vir ’n ooi se voeding:
Dit word aanbeveel dat ooie sowat drie tot vier weke voor lamtyd, ’n hoë-gehalte byvoeding ontvang.
Kruipvoer hou baie voordele vir lammers in. Dit moet wel goeie kruipvoer wees, wat smaaklik is en so geformuleer is dat dit hoë-gehalte grondstowwe bevat.
’n Gewilde waardetoevoegingsopsie in die geval van lammers is om bemarkbare diere op veld of weidings te produseer met behulp van beperkte aanvullende rantsoene, of om hulle op oesreste of selfs in ’n voerkraal op die plaas af te rond.
Dit is belangrik dat die formulering van byvoeding die weiding sal aanvul en nie tot veldvervanging sal lei nie.
Lees die volledige artikel op AgriOrbit