“Naspeurbaarheid” – die woord in landbou waaroor almal gons is maar net een van die komponente wat bydra tot die sukses van rooivleisbedryf. In ‘n artikel deur AgriOrbit praat Burger Marais, ‘n suksesvolle rolspeler, oor die faktore wat bydra tot die optimalisering van die rooivleiswaardeketting. In die artikel bespreek hy naspuerbaarheid en ander faktore wat bydra tot die sukses van voerkrale.
Naspeurbaarheid en voorbereiding is feitlik die beginpunt van die sukses van die waardeketting. Dr At Viljoen, ‘n gesogde veearts dien die sukses van voerkrale toe tot die aankoop van gesonde kallers met goeie immuniteit. Verder moet daar ook siektebeheerprogramme, kripbestuur en dreinering in plek gestel word om vrektes te minimaliseer in voerkrale. Op ‘n praktiese vlak word daar voorgestel dat ‘n besproeiingstelsel in plek gestel word om stof te verminder en infeksies te beperk.
Die bestuur van die voerkraal is ook ‘n belangrike punt in die gesprek. ‘n Beskadigde rumen weens verkeerde voeding herstel nooit weer nie; dus is dit bes om beeste na plasing op ‘n aanpassingsrantsoenplan te plaas om rumens te laat aanpas tot voer wat toegedien word in die nuwe omgewing. Indien die pH-balans te laag is vorm daar melksuur wat die dier se rumen seer maak. Aan die ander kant van die skaal is ureumvergiftiging die nagevolg van n pH-balans wat te hoog is. Die belangrikheid van rumengesondheid hou verband met die groei van die dier. ‘n Gesonde rumen dra by tot goeie groei.
Wanneer dit kom by die einde van die siklus word daar voorgestel dat daar ‘n ‘almal saam in en almal saam uit’ stelsel gevolg word. Volgens Marais word diere in elk geval geslag aan die einde van hul voertydperk, al is hulle nie op die gewensde gewig nie. “Diere wat teen die einde van die voertydperk nie die teikengewig bereik het nie word in elk geval geslag omdat dit te duur is om swak groeiers langer te hou.”
Alles in ag genome is naspeurbaarheid belangrik, maar produsente moet ook oplet na ander faktore vir optimale produksie. Dit sluit rumen ontwikkeling, voer en stelsels wat op data gebaseer is in.