Deesdae tel elke druppel reën, en nou het ‘n plaaslike maatskappy ‘n innoverende selfoontoepassing ontwerp, wat reëndata regstreeks op jou foon laai.
Die Dalevest-app is uniek, aangesien dit nie net die hoeveelheid reën meet wat val nie, maar ook die spoed waarteen dit val. Dalevest se reënmeters sal teen einde November in werking wees, en ook 60% akkurater wees as tradisionel reënmeters.
Die Dalevest maatskappy het vroeër vanjaar ’n selfoon-app op die mark gebring, waarmee graanboere markinligting oor graanverhandeling kan kry. Andries D’Alebout, stigter van Dalevest, vertel dat die app nou uitgebrei word met toegang tot regstreekse reëndata op selfone.
“Die Dalevest-reënmeter is soos ’n virtuele nasionale reënmeter wat regstreeks reëndata insamel vanaf ’n reeks digitale reënmeters oor die land heen, dus kan gebruikers intydse reënval vir spesifieke gebiede nagaan en vergelyk met vorige reënvalsyfers oor spesifieke tydperke,” het D’Alebout verduidelik.
Lees die Netwerk24 artikel hier.