Reënvalmetings in die distrik Sutherland wissel van 3 mm tot 120 mm op twee plase oos van dié dorp.
Hierdie groot verskille in reënval in een distrik is tekenend van droogtetoestande, sê mnr. Edward Engelbrecht, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Die plase met die groot metings is op die pad tussen Fraserburg en Sutherland, met metings van 3 mm en 11 mm wat nader aan Fraserburg aangemeld is, sê me. Hester Obermeyer, Gift of the Givers se koördineerder vir veevoer in die Wes- en Oos-Kaap.

Reënmetings soos wat boere dit by Agri Noord-Kaap aangemeld het. Kaart: Agri Noord-Kaap
Hoop vir somersaaiboere
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, sê die metings oor die somersaaigebiede wissel van sowat 30 mm tot 120 mm.
Lees die volledige artikel op Landbou.com